The Parlotones
Lisa Se Klavier
Ek het 'n vriendin
Ver by die blou see
Teen die hang van Tafelberg as die son sak
Speel sy die mooiste melodieë
Haar vingers ken die pad
Opgesluit in wit en swart
Die klavier se grootste vreugde, hartseer en verlange
Verstaan die hart se diepste smart

Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se Klavier

En Lisa kan nie ophou
As sy eers begin het nie
En sy laat my nooit huis toe loop of afskeid neem
Voor my laaste sigaret nie
Ek staan op haar balkon
En drink haar appelkoostee
Kyk uit na Kaapstad in die nag
Die liggies en die swart, swart see

Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se Klavier