Early B
Amen
[Koor]
Ek bring die kerk tot by julle sê net amen
My bru sê amen, suster sê amen
Ek bring die kerk tot by julle sê net amen
Gee my ‘n amen, gee my ‘n amen
Ek bring die kerk tot by julle sê net amen
My bru sê amen, suster sê amen
Ek bring die kerk tot by julle sê net amen
Gee my ‘n amen, gee my ‘n amen

[Vers 1]
Rabbabasietie, julle moet hou, vas aan die woorde wat ek nou gaan uiter
Die boodskap is binne in die flow
Ek het’i gekom om te preek nie, julle moet dit onthou
So kindertjies kom maar nou nader dis tyd vir die kinders se boodskappie nou
Levitikus 19:3 sê jy moet jou moeder en vader vrees
Nou gee my ‘n amen want hierdie kinders vandag het ‘n snaakse gees
Amen
Dankie vir daai prys my suster
Die generasie is agsterstevoor kom ek lei die kinders
Ek sien die laaite in die straat wat staan en klip gooi
Hy’s seker 4 of 5 ma hy’t ‘n mond aan hom, hy’s slim hy
Ek sê vir hom he budie hey, moenie so staan en maak nie
Maar hy gaan aan en hy worry hom niks en hy sê vi my
“Jy’s mos nie my pa nie”
Ek vat hom by hom broek lat hom holletjies so wys
En ek gee hom so paar shots
Ek dink sy holletjies was rooi
En toe vat ek hom na sy ma toe, sy vra hoekom huil hy
Toe sê ek suster terwyl die boom klein is moet jy hom buig
[Koor]
Ek bring die kerk tot by julle sê net amen
My bru sê amen, suster sê amen
Ek bring die kerk tot by julle sê net amen
Gee my ‘n amen, gee my ‘n amen
Ek bring die kerk tot by julle sê net amen
My bru sê amen, suster sê amen
Ek bring die kerk tot by julle sê net amen
Gee my ‘n amen, gee my ‘n amen

[Vers 2]
Kunduruku sayarabababemda, nou soek ek die jong mense
Ek sien die [?] is vol, gee my ‘n amen da
Amen
Dankie suster Agnes, ek hoop net na die aanneming gaan hulle nog binne in die kerk is
[?]
Die jeug van vandag het nie rigting nie
Want da is nie ‘n plek wat jy gaan wat jy hoor dat da niemand op tik is nie
21st parties isi iets om voor uit te kyk nie
Want die matriek afskeid is die nuwe kwalifikasie vir ‘n baby
Kyk hie, ek gaan dit nou sê en sommer straight praat
Ken Hom in al jou weë dan sal hy jou paaie gelyk maak
En al jou weë beteken, voor jy daai pakkie koop
Voor jy daai bottel koop en voor jy daai auntie roof
Voor jy in die tavern stap, voor jy jou next hit vat
Voor jy in die kamer kom en voor jy jou pantie sak
Yolo is nie vi jou nie coz you must think of all of the things you do
En voor jy die daad doen vra jouself what would Jesus do
[Koor]
Ek bring die kerk tot by julle sê net amen
My bru sê amen, suster sê amen
Ek bring die kerk tot by julle sê net amen
Gee my ‘n amen, gee my ‘n amen
Ek bring die kerk tot by julle sê net amen
My bru sê amen, suster sê amen
Ek bring die kerk tot by julle sê net amen
Gee my ‘n amen, gee my ‘n amen

[Vers 3]
As ek die kinders van vandag so kyk dan vra ek waars die ouers
Nee ek is ernstig, sê my, sê my waars die ouers ja
Want as jy jou job gedoen dit dan was daar die deesdae se dinge nie
Want julle is te gou om te sê:
“Ek weet nie wat gaan aan met die kind nie”
Maar vinnig genoeg om te sê ek het jou waar jy is as hy goed is
Maar niks van hom as hy staan met tronk straf en boete
(amen, amen, amen)
Amen dis waar die probleem lê by die wortels, pa en ma
En na die pa en ma gaan dit na die bra se pa en ma
Want ons se ouers weet nooit wat ons doen op die straat
En op so way sal ons violence uit rule met ‘n style
Because uhm it takes a village to uhm raise a child
En nou mag die Vader, die Seun, die Heilige Gees rus en
Bly met ons vir so lank soos ons leef
Van nou af tot in alle ewigheid
Ek moet afsluit, dis daai tyd
Gee Hom nog ‘n prys amen