Fokofpolisiekar
Ek is cool (ons is fukt-up)
As ons skip aankom
Dan brand ons dit af
Ek sal dan bly lê en slaap
Die hele ongoddelike dag
Ek hoop jy dink nog ek is cool
Ek hoop jy dink nog ek is cool

Ek het sleg gevoel
Toe ek vergeet ek daarvan
Jy lyk goed
Ek was verlore
Nou's ek deurmekaar
Jy lyk nogsteeds goed
Ek hoop jy dink nog ek is cool
Ek hoop jy dink nog ek is cool

Want ek voel
Lekker fukt-up
Lekker fukt-up

Weer vasgevang in die voorstede
Net nog een van die massa histerie
Ry elke dag verby waar die tiekiebokse was
Ons was lekker fukt-up

Ons was hart
Ons was roes
Ons was herfsblare
Ons was lippe
Ons was blomme
Ons was gloei
Ons was sondenaars
Ons was kickflip by die trappe af na koffiekroeg
Ons was punk-rock by Danie Uys Park
Nou net 'n knik in die supermark groet
En ek wil dit nie erken nie
Het niks om vir jou te sê nie, maar
Ek hoop jy dink nog ek is cool
Ek hoop jy dink nog ek is cool
Stap verby waar jou pa homself geskiet het by die motorhuis
Waar sy haar kinders vergas het
Ons was lekker fokken fucked in die voorstede
Probeer die gruwel van ons kinderdae
Herleef deur ons kinders daar
In die voorstede

Ons is lekker fukt-up
Ons is lekker fukt-up
Ons is lekker fukt-up