Early B
Altyd Lief Vir Jou
[Vers 1: Early B]
Nou ek het slapelose nagte, wonder pla dit jou gewete
As ek ‘n nul in jou oë was vir wie sit jy dan eerste
Hoe tel jy dan as ek vir jou optel die meeste
Dis waar wat mense sê jou eie hond byt jou die seerste
Ek het nooit gedink dat jy sou die aan my doen nie
Ek bedoel die strytjies tussen ons was nie
So erg om dit te doen nie
So kyk hieso wats die doel hier
Voor jy line wil ek jou voete was want jy het ‘n vuil trap
Ek kon nie glo dat ek so stupid was
Ek haat dat ek jou lief en jy liefde by iemand anders soek
Jy het my in die skool gesit maar eindlik in die siekeboeg
Ek was beproef met klomp versoekings
Ek was true
Maar as ek terug kyk nou na dit toe dink ek damn it man ek moes, ek moes dit, ek moes dit gedoen het sodat jy kon voel het
Hoe voel dit om verneuk te wees deur die een wat jy nie verwag nie
En dankie ek was nie so groot gemaak nie
Maar deur jou sal ek niemand trust nie

[Koor: Fancois van Coke]
En dis jou skuld, ons was te jonk
Ek was te dom en te alleen om oor jou te kom
Ek weet nou, dis jou skuld
Ek haat jou, al bly ek altyd lief vir jou
[Vers 2: Early B]
Jy het mos gelieg vir my man
Jy het my gese whatever dit is jy sal stick by ‘n man
Nou doen jy die, ne jy slaan my diep weet jy man, jy maak my siek, hoe kon jy sê jy's lief vir my dan
Ek was all vir jou blind soos ‘n mol vir jou justy
Jou eie ma het ge-warn van jou aksies
So askies ek hoop jy is ook nie wat hy soek
En wys dat die verhouding complicated is op Facebook
Ek wens jy kom net terug hieso na my toe
Justy I hate you hoe kon jy die aan my doen
Daai was n rough patch almal gaan ook deur daai seisoen
As dit weer gebeur met julle se my wat gaan jy doen
Maar dus nca line vat maar al jou boue
Onthou die wiel draai en jy gaan voel hoe voel daai koue
Praatjies van verhoudings hou ek nou net antisocial
‘n Players life het pedestals vir no girls
Jou skuld

[Koor: Fancois van Coke]
En dis jou skuld, ons was te jonk
Ek was te dom en te alleen om oor jou te kom
Ek weet nou, dis jou skuld
Ek haat jou, al bly ek altyd lief vir jou