[Verse 1]

Ek is al vir dae lank verlore in 'n wilde wildernis

Ek is by 'n landsdienskamp vasgevang in die hindernis
Die voete van die verlede hardloop kort op my hakskene

En die boelies van my skooldae lag vir my bakbene

Dink oor my dade onder die arms van 'n maroelaboom

Sit en skrop-skrop verniet en maak my skoene skoon

Hoekom wil jy wegstap van die bakleiery teen angs

As die see nog propvol is en jy visse steeds kan vang?

Kos loop my bord oor en lê op die tafeldoek en vrot

En die liggies van die stede trek my soos kerse vir 'n mot

Die taalkundiges bespreek, bespiegel steeds my woord

Maar ek sal baklei, tong en vuiste vir dit waarin ek glo

Ek sal antwoord op jou roepstem ek sal offer wat jy vra

Ek sal oorkom na jou voorstoep en jou groceries indra

In jou wil en werk en wandel van jou wieg tot in jou graf

As jy bibber in jou bed wanneer die honde buite blaf

In die songloed van hou somer, in jou winternag se kou

Sal ek kom lê onder jou kombersie, en jou styf vas kom hou

By die klink van huw'liksklokkies, by die kluit-klap op die kis

Streel my stem jou nooit verniet nie, by my sal jy kan rus



[Chorus]

Jy's nooit aleen nie

By my sal kry jy nooit weer seer nie

Jy's veilig, so baby bly vir altyd myne



[Verse 2]

Ek's klaar gevlug van my probleme in die glas se rand

Ek het klaar al my slange in die gras verbrand

Ek's klaar gesoek na wat geld blykbaar sal bring

Ek is klaar aan die einde van 'n nuwe begin

Mis meer mense as wat ek al ooit kon geken het

Al baie meer verloor as wat ek al ooit gewen het

Die trane van die verlede het in 'n dam verdwyn

Daar het te veel duiwels onder in my glas verskyn

Op soek na die roet het ek myself verloor

Op soek na lig het ek myself versmoor

Afgelok van die pad deur 'n heks se kind

Gewys na my graf deur 'n Lexington

Die swart van die nag in my hart gebring

Die vers vir die dood in my hart gesing

Gestaan in die lig en die donker gemis

Klaar al my spoke in die stad laat rus

Stof op my skoene van te veel verdwaal

Klaar al my dues aan die duiwel betaal

Maar jy't gekom en my gelei en my weg gevat

So nou's ek terug in die lig en op die regte pad



[Chorus] (Last measure sung by Jack)

More from Nag Van Die Lang Pette (Disc 1) (2013)

More by Jack Parow

All Jack Parow songs →