Jack Parow
Welkom Terug
Hey daar welkom terug ons het jou lank genoeg gemis
Was dit alleen daar? Was daar kleur daar?
Of was dit swart en wit
Was dit, ongeskik
Was dit alleen daar? Was daar kleur daar?

Dankie Here dat u opgetel het
Amal het doodgedruk
Eks alleen, dis middernag
En almal is ongeskik
Dis donker en die donderweer slaan
Dit reën alweer vannag
Ek het bietjie vêr gestap
Opsoek na bietjie krag
Aan die diepkant van die swembad
Is ek opsoek na bietjie lug
Ek probeer oorstap maar daars gate in my brug
Ek verloor alweer 'n klein-klein stukkie van my hart
As ek keer op keer totsiens sê
En strukkies bind om smart
Maar daars pyn diep daar onder
Onder al my skille
En daars wyn vir wegsteek en sakkies vol van pille
So ek sit maar trug en nog vat 'n slukkie vir die pyn
Want waar ek waak in die naglug sal die pyn gou verdwyn
Dis skemer in my woorde en middernag in my vers
Ek dans saam met spoke om die flikkers van 'n kers
In 'n modderdam vol onssin sit 'n seun en skep nog pap
Sonsondergange wat iets werd is vat 'n tydjie om na te stap
Daars pyle in my boog en vele vere in my hoed
Maar die seile van my sielskip
Is deur gewere bebloed
Daar is stof op die horison en klippe in die pad
Maar as ek stop en soek vir water
Sal dit dalk verby my stap

Hey daar welkom terug ons het jou lank genoeg gemis
Was dit alleen daar? Was daar kleur daar?
Of was dit swart en wit
Was dit, ongeskik
Was dit alleen daar? Was daar kleur daar?

Ek is bleikbaar klaar verlos deur drippels op my kop
Maar my hande voel gebonde en ek sukkel om te stop
Die kooltjies van my entjies verbrand klaar my tyd
En die voëltjies by my venster het al lankal ophou fluit
My klere is in bondels en daars niemand wat wil stryk
En die duiwel op my grondpad met haar blond gedyede pruik
Haar vingernaels is skerp en bloedrooi mooi gepaint
En haar hande wat soos slange lyk het my lankal klaar gegryp
Die meisie met die vlekke en stories oor ou smart
Het my weg laat kryp en neergegooi met snye in my hart
Ek was verkeerd gewees ek weet wit-leuntjies is nie reg nie
Maar ek het voort gebeur aangehou geen meer washouplek nie
Ons leer mos so raak groot probeer ons net ons bes
En in die asbakkies van verkeerde keuses leer ons mos ons les
Daar is pyn in elke oogwink en stories in elke kreukel
Daar verskyn altyd duiwels in elke kombers wat ek heukel
Daar verdwyn nog gedagtes met elke trekjie van 'n stok
Verduidelik altyd verder as iemand wil kom klop
Op die voorstoep van verlede is daar koffie aan die brou
In die voorskote van tannies is daar Wilson toffies net vir jou
Maar draai sal hulle draai en voor lank is jy ook oud
Wat jy saai sal jy maai en die donkerte is koud
Eks gesit op hierdie kersboom om die land 'n wenk te gee
Daar is al lankal nie meer tyd nie so hou op om om te gee

Hey daar welkom terug ons het jou lank genoeg gemis
Was dit alleen daar? Was daar kleur daar?
Of was dit swart en wit
Was dit, ongeskik
Was dit alleen daar? Was daar kleur daar?

Hey daar welkom terug ons het jou lank genoeg gemis
Was dit alleen daar? Was daar kleur daar?
Of was dit swart en wit
Was dit, ongeskik
Was dit alleen daar? Was daar kleur daar?