Juanita du Plessis
U Is God
My woorde is min
Maar my hart loop oor
Wat ek binne my voel
Is maar net die begin
Want ek weet wie’t verloor

Saam met U engele
Wil ek voor U staan
Wil ek juig en sing
Eer gee aan U
Want groot is U naam

En dan sing ek Hallelujah
En dan sing ek Hallelujah
My hart sing net Hallelujah
U is God, U is Heer, dis U wat regeer

Als wat ek het
En als wat ek is
Ek weet dis genade uit U hand
Waarvoor ek dankbaar is

Saam met U engele
Wil ek voor U staan
Wil ek juig en sing
Eer gee aan U
Want groot is U naam
En dan sing ek Hallelujah
En dan sing ek Hallelujah
My hart sing net Hallelujah
U is God, U is Heer, dis U wat regeer

Hier waar ek staan
Voor U troon
Wil ek buig
Wil ek juig
Want U is in my
U is in my
Ek weet ek is vry

En dan sing ek Hallelujah
En dan sing ek Hallelujah
My hart sing net Hallelujah
U is God, U is Heer, dis U wat regeer

U is God, U is Heer, dis U wat regeer
Dis U wat regeer