Lig Buig

[Vers 1]

Met liefde gegee, met liefde gevang

Geskep met ‘n lepel, gegooi met ‘n tang
Die lewe is kort, die lewe is lank

In ewige vrees, in ewige dank



[Koor]

En lig buig deur die water, en lig buig deur die water

En lig buig deur die water van jou glas

En lig buig deur die water, en lig buig deur die water

En lig buig deur die water van jou glas



[Vers 2]

‘n fotograaf volg net die lig

Jou angle bepaal die straal se gewig

Een lens vir ver, een lens vir dig

Druk net die knoppie, ontspan jou gewrig



[Koor]

En lig buig deur die water, en lig buig deur die water

En lig buig deur die water van jou

En lig buig deur die water, en lig buig deur die water

En lig buig deur die water van jou



[Vers 3]

Wil jy die werk verstaan, draai jou rug op hom

Net vir ‘n oomblik dit werk soos ‘n bom

Die waarheid is swart, die waarheid is wit

Die waarheid is tog gewoonlik absurd



[Koor]

En lig buig deur die water, en lig buig deur die water

En lig buig deur die water van die see

En lig buig deur die water, en lig buig deur die water

En lig buig deur die water van die see

More by Karen Zoid

All Karen Zoid songs →