Francois van Coke
Spaar My Asseblief
[Vers 1]
Ons was te laat, te jonk, te veel geskool om te verstaan
Verslaaf aan geloof en vrees in praat
Identiteit, om die bos gelei
Verantwoordelikheid vermy

[Koor]
En ek weet nie waar ek pas in hierdie prentjie nie
Die weer verander, ek gaan nêrens nie
Net om ons foute weer te maak
Tot die wêreld eindig spaar my asseblief
Tot die wêreld eindig spaar my asseblief

[Vers 2]
Ek was te laat
Bewusteloos gebeur in Meerlust Straat
Beskerm en geleer om nie te kla
Nutteloos, groot planne vir my
Agtergebly

[Koor]
En ek weet nie waar ek pas in hierdie prentjie nie
Die weer verander, ek gaan nêrens nie
Net om ons foute weer te maak
Tot die wêreld eindig spaar my asseblief
Tot die wêreld eindig spaar my asseblief
[Vers 3]
Ons was ons hande in ons skuld
Ons was ons hande in onskuld
Ons was ons hande in onskuld
Maar ek sit nog steeds vas op diesefde plek

[Koor]
Ek weet nie waar ek pas in hierdie prentjie nie
Die weer verander, ek gaan nêrens nie
Net om ons foute weer te maak
Tot die wêreld eindig spaar my asseblief
Tot die wêreld eindig spaar my asseblief
Spaar my asseblief
Spaar my asseblief
Spaar my asseblief
Net om ons foute weer te maak
Spaar my asseblief
Tot die wêreld eindig spaar my asseblief
Tot die wêreld eindig spaar my asseblief