Tjol se Gat

Langpad, stofpad, hard praat, sopnat

Die bossies om ons begin te praat

Geld en vry het vir eers by die huis gebly
By die huis agter gebly



Die leeus skree van agter bly net wakker

Bly net wakker

Die leeus skree van agter ek is wakker

Ek is wakker, ek is wakker om hier te wees



Wit, woes en wakker

Seldsaam vergaan die menswees

Welkom in my land van vrees

Hier kan jy enige iets wees

Jy kan enige iets wees!



Die son het my ingesluk

Vasgedruk, ingepluk, verstik (x2)



(Enter kak sexy sax solo)



Welkom hier by Tjol se Gat

My baard is lank my tan hard

My erfbelasting is net 19 Rand

Willy-warmers, pette en telefone op die rak

Fok vir Eskom!

Ek het sonpanele op my dak



As ma my nou hier moes vind

Asbakkies, sigarette en polisiedae wat stink

Asma het my oor die jare gevind

Ek rook nie, maar ek gaan beslis ‘n doppie drink



(Skollie gaan binne!)



(Enter sexy sax solo 2)



Die son het my ingesluk

Vasgedruk, ingepluk, verstik

More from I IN THE SKY

More by Uncle Spike

All Uncle Spike songs →