Suurstof

Ek is moeg gepraat

Ek is moeg gesing

Jy maak my siek meisiekind
Dit raak te laat

Dit raak te veel

Ek blok myself ek is klaar gespeel



Ek wil hê jy moet bly

Ek wil jou vry

Tot die son op kom tot die son sy gesig wys

Ek wil jou verafgod

Ek wil jou prys



Jy is suurstof vir my

Bly by my

Suurstof vir my

Bly by my



Die gedagte van jou

Laat my glo in my bestaan

Sonder jou sal ek eerder vergaan



My pik swart hart kort jou kleur

Onmoetings met jou

Herhaaldelik keer op keer

Op keer op kleur op keur op kleur

Keer op kleur



Ek wil hê jy moet bly

Ek wil met jou stry

Tot die son op kom tot die son sy gesig wys

Ek wil jou verafgod

Ek wil jou prys



Jy is suurstof vir my

Bly by my

Suurstof vir my

Bly by my

Jy is suurstof vir my

Bly by my



In ‘n oogwink

In ‘n oogwink

Is alles verby



Jy was suurstof vir my

Jy was alles vir my

Jy was suurstof vir my

More by Uncle Spike

All Uncle Spike songs →